DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU
RIGLYNE VIR BRANDBESKERMINGVERENIGINGS
PLANNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN AFDELING 5 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: PLIGTE VAN BRANDBESTRYDINGSVERENIGINGS
DEEL C: BYGEWERKTE VOORBEELD
DIE SAKEPLAN VAN DIE ENTABENI BRANDBESKERMINGSVERENIGING
INHOUDSOPGAWE
INHOUDSOPGAWE 2
SANKSIES EN GOEDKEURINGS 6
OPSOMMING 7
DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT 7
DEKKING VAN DIE DOKUMENT 8
GELDIGHEIDSTYDPERK. 8
DIE HUIDIGE STAND VAN SAKE IN DIE BBV-GEBIED 8
AGTERGROND EN GESKIEDENIS VAN DIE ENTABENI AREA. 8
SOSIALE ASPEKTE 8
EKONOMIESE ASPEKTE 9
OMGEWINGSASPEKTE 9
VELDBRANDE IN DIE ENATBENI AREA 10
Veldbrande en die klimaat. 10
Oorsprong en oorsake van veldbrande 10
TABEL 1. 'N OPSOMMING VAN DIE BRANDREGIME-EN GEDRAG IN DIE HOOFTIPES PLANTEGROEI IN DIE ENTABENI BBV GEBIED. 11
Plantegroei en brandgedrag 12
Veldbrandgeskiedenis 12
Die rol van veldbrande en die omgewing 12
WETGEWING WAT VAN TOEPASSING IS IN DIE BBV GEBIED 13
HUIDIGE VELDBRAND-BESTUUR 13
BEPALING VAN DIE EFFEK VAN VORIGE BRANDE 13
Sosiale impak 13
Ekonomiese impak 13
Omgewings impak 14
KRITERIA VIR DIE EVALUERING VAN VELDBRAND-RISIKO 14
Doelwit en oogmerke van die strategie 14
Doelwit 14
Oogmerke 15
IDENTIFISEER VAN GEVARE 15
BESKRYWING VAN DIE BATES 16
Sosiale bates 16
Ekonomiese bates 16
Omgewingsbates 16
VELDBRANDRISIKO'S BINNE DIE BBV-GEBIED 16
TABEL 3. LYS VAN SOSIALE BATES BINNE DIE ENTABENI BBV-GEBIED SAAM MET 'N BEPALING VAN DIE VELDBRANDRISIKO VIR ELKE GROEP EN DIE VLAK WAAROP DIT UITGEKOM HET. 16
TABEL 4. LYS VAN EKONOMIESE BATES BINNE DIE BBV-GEBIED MET 'N BEPALING VAN DIE VELDBRANDRISIKO'S VIR ELKE GROEP EN DIE VLAK WAAROP DIT UITGEKOM HET. 17
TABEL 5. LYS VAN OMGEWINGSBATES BINNE DIE AREA VAN DIE BBV MET 'N BEPALING VAN DIE VELDBRANDRISIKO'S VIR ELKE GROEP EN DIE VLAK WAAROP DIT UITGEKOM HET 19
TABEL 6: LYS VAN PRIORITEITE T.O.V. RISIKOBESTUUR IN DIE ENTABENI BBV-GEBIED. 20
HULPBRONNE BESKIKBAAR VIR VELDBRANDBESTUUR 21
Institusionele-kapasiteit 21
Personeel 21
Toerusting en fasiliteite 21
Kommunikasie 21
Ondersteuning deur die Laeveld Sambreel-vereniging 21
Beoordeling van hulpbronne en tekortkominge 22
Bewusmaking en opvoeding 22
Voorgeskrewe brande vir omgewingsbestuur 22
Verbetering van veldbrandbestuur op eiendomme van nie-lede 23
Korridor vir die kraglyn en vir roete N99 23
Bosbouplantasie sone 24
TABEL 7: BESONDERHEDE VAN DIE RISIKOBESTUURSTRATEGIEË VIR UITERSTE RISIKO'S 24
OPERASIONELEPLAN VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BESTUURSTRATEGIE 25
MONITERING, HERSIENING EN DIE VERSLAGSISTEEM VIR HIERDIE DOEL 25
DIE REëLS VAN DIE VERENIGING 26
HOOFSTUK 4 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: BRANDBANE 26
Minimum standaarde 26
Vrystelling van die maak daarvan 26
Reëls t.o.v. die tye van voorbereiding 26
Reëls oor die samewerking tussen bure 26
Reëls vir die beskerming van biodiversiteit en die bodem 26
HOOFSTUK 5 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: BRANDBESTRYDING 27
Minimum toerusting 27
Vereistes opgedeel per tipe en klas van lidmaatskap 27
Toerustingstandaarde 27
TABEL 8: MINIMUM VEREISTES VIR BRANDBLUSUITRUSTING VIR LEDE VAN DIE ENTABENI BBV. 27
Minimum personeel 27
Minimum aantal bevoegde personeel in per verskillende werkskategorieë 27
Minimum opleidingsvereistes 27
TABEL 9: MINIMUM VEREISTES VIR BRANDBLUS PERSONEEL IN DIE BBV AREA. ELKE KATEGORIE PERSONEEL MOET BEVOEGDHEIDSERTIFIKATE VAN GESERTIFISEERDE INSTANSIES SOOS FIETA EN PAETA BESIT. 27
Minimum beskermde oorklere en toerusting. 28
ALGEMENE REËLS VIR DIE GEBRUIK VAN VUUR [ VOORBEELDE] 28
BRANDVOORKOMING EN GEREEDHEID TYDENS TYE VAN HOë EN UITERSTE BRANDGEVAAR 28
BRANDVOORKOMING EN GEREEDHEID TYDENS TYE VAN MATIGE BRANDGEVAAR: TYDPERKE VAN BEPERKINGS OP BRANDE (VERVANG DIE BRANDVERBOD ONDER DIE VORIGE WET) 29
Definisie van die tydperke 29
Voorwaardes vir die gee van toestemming om te brand 29
Vereistes in seisoene waar brandseisoen vroeg begin 29
TOEPASLIKE BRANDREGIMES VIR VOORGESKREWE BRANDWERK 29
BESTUUR VAN ROOK EN ATMOSFERIES BESOEDELING. 29
OPVANGGEBIEDBESKERMING(OPVANGGEBIEDWAARDES) 29
INDRINGERPLANT-BEHEER 29
WETSTOEPASSING 29
Plaaslike verordeninge vir nie-lede 30
'N LYS VAN MAGTE EN PLIGTE WAT DEUR DIE MINISTER AAN DIE BBV GEDELEGEER MOET WORD: AFDELING 5 k 30
SANKSIES EN GOEDKEURINGS
Hierdie sakeplan is aanvaar deur die lede van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging tydens 'n vergadering op ... Deur dit te aanvaar onderneem die lede om die pligte van die Vereniging uit te voer soos omskryf in hierdie dokument asook om hulle te hou by die reëls van die Vereniging.
Voorsitter Datum
Hierdie sakeplan is opgestel deur die lede van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging in konsultasie met die ... Brandweerdiens soos vereis deur Afdeling 5 van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande.
Gemagtigde beampte van die ...Brandweerdiens Datum
OPSOMMING
Die area van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging val binne die Pitso Meetse Plaaslike Munisipaliteit. Die area beslaan ongeveer 210 000 hektaar. Die lede verteenwoordig ongeveer 140 van die 700 eienaars in die gebied. Die area onder beheer van die lede is 70 000 hektaar of naastenby 33% van die area van die BBV.
Die sakeplan sal geldig wees vir vyf jaar en begin op 1 April 2003 tot 31 Maart 2008.
Die Entabeni area het 'n bevolking van ongeveer 13 300. Die dorpie Ruiterslaagte het ongeveer 3 300 permanente inwoners waarvan ongeveer 3 000 in die Tinginono woongebied woon. Ongeveer 10 000 mense woon op plase of op ander landelike eiendomme. Ongeveer 8 500 van hierdie mense is werknemers met hulle families.
Die Ge-integreerde Ontwikkelingsplan (IDP) van die Pitso Meetse munisipaliteit identifiseer veldbrande as 'n omgewingsrisiko in die area.
Veldbrande kom hoofsaaklik in die winter voor. Die hoogste brandgevaar vind plaas tydens tydperke wanneer kouefronte verby beweeg. Tydens sulke tydperke is daar gepaardgaande sterk weste winde en baie lae humiditeit.
Entabeni het primêr 'n plattelandse ekonomie met, bosbouplantasies, veeplase, ekotoerisme, saagmeulens, 'n plaaslike meubelbedryf en fabrieke wat handvaardighede produseer.
Onlangse veldbrande het gelei tot ernstige beserings, lewensverlies, verlies aan hout, weiding en strukture. Steurnisse by die Inhlanzi Lughawe en kragonderbrekings lei ook tot ernstige verliese.
Sosiale bates wat in die gebied aan hoë risikos blootgestel word, is die huise in die Tinginono woongebied asook plaashuise en vakansieoorde. Ekonomies bates wat aan uiterste of hoë risikos blootgestel word is plantasies, veeplase, die 132 KVA hoogspanningslyn wat deur die gebied loop sowel as die Inhlanzi Lughawe wat aan die ooste, net buite die gebied, geleë is. Daar is ook ontspanningsoorde en die bates van opkomende boere. Omgewingsbates wat blootgstel is aan uiterste of hoë risikos sluit die broeiplekke van die Lelkraanvoëls in. Hierdie spesies is baie gevoelig vir versteurings a.g.v. brande. Dit sluit ook die Veerkombersvlei bewaringsgebied en gepaardgaande vleilande in. Hierdie risikos is hoofsaaklik as gevolg van brande wat inbeweeg van die grasvelde, plantasies en indringerbosse tydens koue fronte. Baie brande ontstaan ook in die Tinginono-woongebied.
Die BBV beoog om 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van die gebied deur die bekamping van onbeplande brande, die teenwerking van verlies van lewens en bates asook die doeltreffende gebruik van vuur vir bestuursdoeleindes, te bevorder. Die BBV beoog om die veldbrandbestuur-strategie stelselmatig in plek te stel en aan die einde van die 5 jaar tydperk ten volle in plek te hê.
Hierdie dokument sit die strategie vir die bestuur van hierdie risikos uiteen. Dit bevat ook die operasioneleplanne wat die strategie ondersteun. Verder noem dit die vereistes vir monitering en hersiening van die strategie en die reëls waarby die lede van die BBV hulle moet hou.
DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT
Hierdie is 'n strategiese dokument wat die benadering en planne van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging (BBV) beskryf ten einde veldbrandrisikos in die gebied te verminder en te bestuur.
DEKKING VAN DIE DOKUMENT
Die area van die Entabeni BBV beslaan 210 000 hektaar. Dit strek vir ongeveer 40 km noordwaarts van die westelike grens van die Pitso Meetse Plaaslike Munisipaliteit, noordwaarts vanaf die N99, daarna draai dit oos vir ongeveer 60 km op die grens wat die munisipaliteit deel met die Vrygrond munisipaliteit tot by die punt waar die grens aansluit by die Kwenarivier, daarna suidwaarts met die Kwena tot by die N99, dan weswaarts al met die N99 tot by die Pitso Meetse-grens. Die kaart, gemerk Figuur 1, toon die area.
GELDIGHEIDSTYDPERK.
Die sakeplan is geldig vir vyf jaar vanaf 1 April 2003 tot 31 Maart 2008.
DIE HUIDIGE STAND VAN SAKE IN DIE BBV-GEBIED
AGTERGROND EN GESKIEDENIS VAN DIE ENTABENI AREA.
Grondeienaars binne die gebied werk al geruimetyd saam vir verskillende doeleindes. Die strukture vir samewerking sluit die volgende in:
Die Vaalbos Brandbestrydingskomitee is 'n vrywillige organisasie met 17 lede. Die lede onderhou 'n gesamentlike bestuursmeganisme vir die bestryding van brande reeds vanaf 1988
grondeienaars is al sedert 1991 betrokke by die Imvubu Bewaringsgebied wat dit ten doel stel om die omgewing te bewaar. Die gebied is oorspronklik afgekondig onder die wetgewing van die Transvaal, maar is tans hersaamgestel onder die Mpumalanga Bewaringswet
Verskeie boereverenigings is al vir baie dekades werksaam
Die Hoogland Kraanvoël-organisasie het grondeienaars en bewaringsinstansies by mekaar uitgebring deur die instel van programme om hierdie voëls en die vleilande doeltreffend te bestuur.
Sedert die afkondiging van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande in 1998 het die grondeienaars binne die gebied met hernieude belangstelling na die bestuur van hulle gebied gekyk. Die opstel van die Pitso Meetse Ge-integreerde Ontwikkelingsplan (IDP) het die veranderinge in die plaaslike ekonomie onderstreep. Veldbrande wat telkens begin, werk negatief in op hierdie ontwikkeling en dit affekteer ook sosiale ontwikkeling in die gebied. Die gebied het ook belangrike omgewingsbates wat beskerm moet word, maar wat ook afhanklik is van die korrekte gebruik van vuur. Al hierdie faktore in ag geneem het die inwoners van die gebied in 1999 begin bymekaar kom om bestuur te verbeter. Die uitslag van hierdie vergaderings is die voorstel om die Entabeni BBV te stig. Die BBV sal oorspronklik 140 grondeienaars van die ongeveer 700 in die area bedien. Die geheel oppervlak van die area is ongeveer 70 000 ha of ongeveer 33% van die area van die BBV.
SOSIALE ASPEKTE
Die Entabeni area het 'n bevolking van ongeveer 13 300. Die dorp Ruiterslaagte het ongeveer 3 300 inwoners wat permanent daar vertoef. Van hierdie is ongeveer 3 000 woonagtig in die Tinginono woongebied. Ongeveer 2 000 van hierdie mense woon in die informele woongebied. Ongeveer 10 000 inwoners woon in die plattelandse gebied op plase of op ander eiendomme. Ongeveer 8 500 van hierdie mense is werknemers en hulle families.
Grondhervorming is besig om vinnig in tempo toe te neem en ongeveer 100 eiendomme sal in die volgende paar jaar waarskynlik van eienaar verander. Die grootste verandering, die laaste aantal jare, is die toetrede van die safari en vlieghengel bedrywe in die gebied. Ongeveer die helfte van die eiendomme is al aan hulle asook naweekboere verkoop. Die veranderende eienaarsprofiel het gelei tot die totstandkoming van nuwe, en beter, werksgeleenthede. Nogtans het daar 'n groot toevloei na dorpe soos Ruiterslaagte plaasgevind. Werkloosheid is nog hoog en geletterdheid lag.
Die area het ook 'n belangrike kultuurerfenis, insluitend:
Laat steentydperk rotstekeninge
Ystertydperk nedersettings
Huidige voorvaderlike en heilige gebiede
EKONOMIESE ASPEKTE
Entabeni het hoofsaaklik 'n plattelandse-ekonomie waartoe die volgende sektore die grootste bydrae lewer:
Bosbouplantasies: die 50 000 ha plantasies is verantwoordelik vir 'n inkomste van R70 miljoen per jaar en onderhou industirieë wat van bosprodukte afhanklik is binne en buite die gebied
Veeboerdery: intensiewe veeboerdery op 150 000 ha dra R40 miljoen per jaar by tot die ekonomie
Ekotoerisme: nuwe ekonomiese groei word gestimuleer deur die toetrede van beleggers by safari-plase, vlieghengel geriewe, die Veerkombersvleipark, voetslaanroetes en die dienstesektor wat met hierdie bedrywe verband hou. Die sektor dra ongeveer R40 miljoen per jaar tot die ekonomie by
Industrie: 'n Saagmeul, meubelfabrieke en handwerkindustrie genereer R80 miljoen per jaar.
Die feit dat heelwat nuwe plantasieoppervlakte kaprypheid nader en die vestiging van die Maputu Ontwikkelingskorridor, het nuwe ekonomiese groei gestimuleer.
OMGEWINGSASPEKTE
Die Pitso Meetse IDP verwys na die volgende omgewingsaspekte wat deur brande bedreig word:
Wateropvanggebiede
Biodiversiteit van grasvelde, vleilande en natuurlikebosse
Die waarde van die estetiese voorkoms van die omgewing vir ekotoerisme
Die Entabeni area se mees belangrikke rol in die omgewing is die van 'n wateropvanggebied. Die area betrokke maak die boonste opvanggebied uit van die Kwenarivier en van sy sytakke. Hierdie water word op verskeie plekke opgedam en word binne, en stroomaf van die gebied, gebruik vir besproeiing, industrie, mynbou en water vir menslike gebruik.
Die tweede mees belangrike rol is die van biodiversiteit.Die hoogliggende grasvelde van die area maak deel uit van die Noordoostelike Bergsentrum van endemisiteit. Baie skaars en endiemiese grasspesies sowel as blomplante, gewerwelde diere en, die pas ontdekte Gouemol, kenmerk die area.
Die derde mees belangrike rol is die van die estetiese van die landskap. Die word gekenmerk deur:
Die Hoogland Plato met sy rollende heuwels met vleilande in die laer areas
Die platorand met sy steil hange, afgronde en natuurlikebosse
Die Kwena Plato met sy grasvelde en ryk Ystertydperk erfenis
Die Middelveld met sy oorgang na boomveld
Veldbrande is belangrik in die plaaslike omgewing en is dit al vir miljoene jare. Die meeste spesies en habitatte is dan ook aangepas by brande. Natuurlikebosse verdra egter nie brande nie en word beskerm deurdat hulle in die ontoeganklike klowe voorkom. Die gebruik van vuur in die bestuur van die omgewing sowel as die uitsluiting daarvan het gevolge op die natuurlike samestelling.
In sekere gebiede het indringerplante soos Swartwattel, Bloekoms en opslag Dennebome die grasveld verdring. Hierdie is veral opvallend in die Hoogland Plato langs riviere en op die plato self. Hierdie indringers is 'n gevaar vir biodiversiteit en skep 'n groot brandgevaar.
VELDBRANDE IN DIE ENATBENI AREA
Veldbrande en die klimaat.
Veldbrande kom normaalweg in die winter, vanaf die begin van Mei tot laat September, voor. Dit is gewoonlik die tydperk van na die eerste ryp tot na die eerste lentereën. Gedurende hierdie periode word die weer deur die volgende patrone gekenmerk:
Hoëdrukselle wat diep atmosferiese inversies veroorsaak. Hierdie toestande hou vir dae aaneen aan en veroorsaak redelik min lugbeweging met gevolglike matige brandgevaar
Tussen die bogenoemde toestande is daar verspreide periodes van een of twee dae wanneer kouefronte suid en oos van die land verbybeweeg. Hierdie verskysel het sterk westewinde en baie lae humiditeit tot gevolg en die uitvloeisel hiervan is hoë of selfs uiters hoë brandgevaar.
Tydens tydperke van inversies is veldbrande geneig om stadig te begin brand, maar in intensiteit toe te neem. Onder die ander stel toestande sal vure wat plantasies, en indringerwarbosse binnegaan, vinnig verander in verwoestende brande gekenmerk deur kroonvure.
Oorsprong en oorsake van veldbrande
Weerlig is die enigste natuurlike oorsaak van brande in die gebied. Weerligvure kom hoofsaaklik in die herfs en vroeë lente voor. Die menslike invloed ten opsigte van brande strek waarskynlik soveel as 250 000 jaar terug en maak dus deel uit van die historiese brandregime.
Huidiglik is die oorsake en oorsprong van brande die volgende:
Beplande brande wat hand-uitruk. Dit is wanneer eienaars beheer verloor oor voorgeskrewe brande tydens die brand van bane of vir weiding
Ontstekings as gevolg van nalatigheid by piekniekplekke, by kookvure of by asgate waar as uitgegooi word.
Brande wat die gebied binnekom. Hoofsaaklik vanaf die westelike kant.
In plantasies word brande dikwels veroorsaak deur menslike werksaamhede. Werksaamhede soos die uithaal van byneste en die gebruik van kragtoerusting wat in die bedryf gebruik word.
Brandstigting in verskeie vorms
Weerlig.
Tabel 1. 'n Opsomming van die brandregime-en gedrag in die hooftipes plantegroei in die Entabeni BBV gebied.
Plantegroei/
Bedekking
Persentasie van area ongeveer
Brandregime
Brandgedrag
Hoogliggende grasveld
Brand hoofsaaklik na die eerste ryp in Mei tot die eerste reën geval het in Oktober, brande kom natuurlik ongeveer een keer elke twee jaar voor in enige gegewe area. Boere en bestuurders van bewaargebiede maak gebruik van "mosaiek" brande gewoonlik aan die begin of end van die brandseisoen. Hierdie is klein brande onder matige toestande. Hierdie brande word toegelaat om te versprei totdat hoë humiditeit dit uitsit.
Gedurende inversies beweeg grasvure stadig teen ongeveer 1 tot 2 km per uur. Vlamlegte wissel van 0.2 tot 0.6m. Gedurente winderige frontale stelsels beweeg brande van 6 tot 8 km per uur. Vlamlengtes wissel van 1 tot 4 meter.
Middelveld, lang
Gras en boomveld
Brand hoofsaaklik na die eerste ryp in Mei tot die eerste reën geval het in Oktober, brande kom natuurlik ongeveer een keer elke twee tot drie jaar voor in enige gegewe area.
Omrede die gras tot 2 meter hoog is beweeg hierdie vure gedurende winderige frontale toestande van 6 tot 8 km per uur. Vlamlengtes 2 tot 6 meter. Tydens inversietoestande beweeg die brande stadig maar wanneer die gras droog is , is die vlamlengte 2 tot 4 meters.
Bosbouplantasies hoofsaaklik Den
Brande kom nie gereeld hier voor nie. Brande begin of kom die plantasies van buite af in hoofsaaklik in die winter. Groot plantasiebrande vind almal tydens frontale weer plaas.
Onder matige toestande brand plantasievure stadig in die bosafval, vlamlengtes van 0.2 tot 0.5m. Gedurende frontalestelsels beweeg plantasiebrande teen tot 8 km per uur en gaan dit gepaard met intense hittevrystelling. Kroonvure ontstaan in sulke gevalle en kolvure word van 0.5 km tot 2km ver gewerp.
Graan: hoofsaak-
Brande ontstaan net na die oesreste droog geword het. Brande vind gewoonlik tydens frontalestelsels plaas.
Brande in oesreste brand stadig en met lae vlamme.
Indringerbosse
Brande ontstaan gewoonlik net tydens frontalestelsels.
Ander: boorde tuine
Geen vure nie.
Plantegroei en brandgedrag
Tabel 1 bevat 'n beskrywing van die brandregime en brandgedrag in die mees algemene plantegroeitipes in die gebied.
Veldbrandgeskiedenis
Veldbrande is nog altyd 'n deel van die omgewing in hierdie gebied. Soos die gebied ontwikkel het, het brande egter 'n gevaar geword vir lewe, eiendom en die behoud van die omgewing.
Die BBV het ongelukkig nie 'n genoegsame stel rekords van veldbrande binne die gebied nie. 'n Paar van die onlangse veldbrande wat skade veroorsaak het, is die volgende:
Skoorsteenberg : 1 200 ha plantasie het afgebrand asook 7 000ha grasveld, ses brandslaners is gedood
Uchakide: 11 000 ha grasveld, een plaasopstal en een vlieghengel-oord verwoes
Keerom: 7 000ha grasveld, weiding op die plase van die opkomende boere , drie opstalle.
Highflats: 1 500 ha plantasie, 3 000 ha grasveld, een brandweerwa en een trekker verwoes, drie brandslaners gehospitaliseer.
Hofgedinge na onlangse brande het gelei tot die betaling van R1 miljoen.
Die rol van veldbrande en die omgewing
Omdat veldbrande 'n historiese element van die omgewing in die gebied uitmaak, is ekosisteme hierby aangepas. Grasveld herstel vinnig na brand en inheemse bome is hierby aangepas. Baie dieresoorte is aangepas om in brandveld te kan wei. Indien vure uitgehou word, vermeerder ou gras, verloor dit sy groeikrag en indien dit dan plaasvind is die vuur intens, beskadig dit die grasgemeenskap en kan dit erosie veroorsaak.
In plantasies stel die intense brande wat van tyd-tot-tyd voorkom die grond bloot aan ernstige erosie.
As gevolg van ontwikkeling het lugkwaliteit belangrik geraak. Veldbrande kan problematies wees vir die volgende redes:
Dra by tot lugbesoedeling, en
Die dynserigheid veroorsaak swak uitsig wat soms veroorsaak dat die Inhlanzi-lughawe toegemaak moet word. Die swak luggehalte werk ook toerisme teë.
Die regering se lugbesoedelingsinspektoraat het ook tekenne gegee dat hulle strenger gaan optree
WETGEWING WAT VAN TOEPASSING IS IN DIE BBV GEBIED
Benewens die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande is daar die volgende wette, regulasies, ordonansies en verordeninge wat van toepassing is:
Regulasie 12 van die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne: Voorkoming en beheer van veldbrande: die regulasie vereis dat enige eienaar wat veld wil brand vir weidingsdoeleindes die nodige permit van die plaaslike landbouvoorligter moet verkry, permitte word nie toegestaan vir die tydperk tussen 15 Mei en 1 Oktober nie.
Die Lugkwaliteite wetgewing bemagtig die Lugbesoedelingsbeheerbeampte om enige brande te verbied wat as 'n hindernis beskou kan word; tot op datum is die wet nog nie in die area toegepas nie, maar die toepassing word oorweeg in die lig van die sluiting van die lughawe.
Die Mpumalanga Bewaringswet vereis dat biodiversiteit bewaar word
Munisipale verordeninge ter versterking van die Wet op Brandweerdienste bestaan in die twee dorpsgebiede. Hierdie verordeninge vereis dat sekere boustandaarde gehandhaaf word. Daar is ook verordeninge wat vereis dat alle vlambaremateriaal op erwe verwyder moet word tot 'n afstand van 10 meter van strukture.
HUIDIGE VELDBRAND-BESTUUR
Die hoofelemente vir die huidige bestuur van veldbrande sluit tans die volgende in:
Brandbestrydingsplanne wat min of meer voldoen aan maatskappykodes (veral in die bosboubedryf) en wat toegepas word in die bosboubedryf, deur die Veerkombersvlei parkbestuur en ongeveer 10% van die veeboere; hierdie planne vereis ook toepassing van die pligte in Hoofstuk 4 en 5 van die Wet
Ongeveer 20% van die eienaars in die gebied voldoen aan die vereistes soos gestel in Hoofstukke 4 en 5 van die Wet, hierdie is hoofsaaklik lede van die Vaalbos Brandbestrydingskomitee en die Imvubu Bewaria, naweekboere voldoen in die reël nie aan die vereistes nie
Die Vaalbos Brandbeskermingskomitee het vroeë waarskuwingsdienste deur die gebruik van 'n vuuruitkyk en verleen ook ondersteuningsdienste vir brandbestryding aan sy lede.
BEPALING VAN DIE EFFEK VAN VORIGE BRANDE
Sosiale-impak
Die skets van histories brande in 3.5.4 beklemtoon die volgende sosiale impakte:
Voortdurende verlies aan lewe en opdoen van beserings
Verlies aan lewensmiddelle.
Ekonomiese-impak
Brande het 'n positiewe impak in die sin dat dit die grasveldbedekking behou wat as weiding aangewend word.
Onlangse ekonomiese verliese sluit die volgende in:
Weidingsverlies met die gepaardgaande hoë koste om voer aan te koop
Verlies aan lewendehawe
Verlies aan houtbronne met die gepaardgaande stroom-af verliese
Die sluiting van die INhlanzi-lughawe gedurende tydperke van swak sig
Onderbreking van kragtoevoer a g v die skade aan die ESKOM-lyn
Verlies aan plaasopstalle, arbeiderwonings en ontspanningsoorde
Omgewingsimpak
Die voorkoms van brande is noodsaaklik vir die behoud van biodiversiteit in die grasveld gebiede.
Negatiewe impakte is:
Brande van hoë intensiteit in stande indringerbosse en in die plantasies
Die versperieding van indringerplante as gevolg van brande op die verkeerde tyd.
Die onbeperkte verspreiding van indringerplante veroorsaak 'n akkumulerende verandering van die brandomgewing in die gebied.
KRITERIA VIR DIE EVALUERING VAN VELDBRAND-RISIKO
Lede van die vereniging het saamgestem dat die onderstaande kriteria, in dalende volgorde van belangrikheid, gebruik sal word om veldbrandgevare, die aanvaarbaarheid van brande, en die toekenning van prioriteite , te evalueer:
Bedreiging van lewe: geen sterftes is aanvaarbaar nie
Gevaar van beserings aan mense
Verlies van lewensmiddele
Verliese aan wonings
Finansiele verlies sowel as verliese in ekonomies bedrywighede
Verliese betreffende kwaliteit wateropvang-gebiede (opvanggebiedwaardes)
Verliese aan natuurlike spesies of habitat
Hierdie kriteria is toegepas om die gevolge te bepaal tydens die risikobepaling vir die gebied.
Doelwit en oogmerke van die strategie
Doelwit
Die BBV beoog om 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van die gebied deur die verlies van lewens en beserings as gevolg van veldbrande stop te sit, om ook die negatiewe impakte op die bates en die omgewing progresief te verbeter, asook die doeltreffende gebruik van vuur vir bestuursdoeleindes, te bevorder. Die BBV beoog om binne die eerste vyf jaar van die strategie dit in die hele gebied in werking te stel.
Oogmerke
Om al die "uiters hoë" risikos so te bestuur dat dit na vyf jaar as "hoë risiko" geklasifiseer kan word. So ook met "hoë risiko" na "matige risiko".
Om die lede van die BBV te vermeerder na 280, teen 2007
Om die inwoners van die gebied so te beïnvloed dat daar volle uitvoering gegee word aan hoofstukke 4 en 5 van die wet, teen 2007
Om teen 2007 ooreengekome minimum standaarde te hê vir brandgereedheid- en bestryding waarby die lede inval
Dat elke lid teen 2007 ten volle geïntegreerde brandbestuursplanne vir hulle eindomme sal hê, en sal toepas
Om 'n rekordhouding-en verslagdoenningstelsel in plek te stel wat die BBV sal toelaat om volgens voorskrifte verslag te doen oor hulle gebied
Om deurmiddel van bewusmaking 'n meer ingeligte algemene publiek daar te stel.
IDENTIFISEER VAN GEVARE
Tabel 2 lys en beskryf die mees algemene gevare in die Entabeni BBV area.
Tabel 2. Opsomming van die veldbrandgevare in die area van die BB
Gevaar
Beskrywing
Grasveld vure:
Uiterste toestande
Matige toestande
In uiterste toestande, dws. tydens frontale weerstoestande is dit waarskynlik dat dele sal brand wat nie vir brand geoogmerk is nie. Gegewe die intensiteit van sulke brande sal dierelewe ernstig benadeel word.
Die grootste negatiewe impakte is die nie-seisoenale brand van die plantegroei (wat plantkundige-en dierkundige samestelling be-ïnvloed) asook die vernietiging van weiding.
Bosbouplantasies
Die hoë intensiteit van brande in plantasies veroorsaak dat alle bogrondse materiaal verbrand wat die grond blootstel aan erosie en ook sterilisering.
Indringerbosse
Soos vir plantasies maar meer kol-kol in geaardheid
Die voorkoms van baie brandbare materiaal (houthuise, grasdakke, tuinvullis, brandstof opgaardepot ens.) maak die dorp 'n gevaar vir homself.
Hierdie woongebied is 'n gevaar opsigself meesal as gevolg van beperkte toegang, hoë digtheid van "shacks" die gebruik van oop vure en koolstowe vir kook en verhittingsdoeleindes; soos dit tans is, is dit ook 'n gevaar vir die veld in die omgewing.
BESKRYWING VAN DIE BATES
Sosialebates
Tabel 3 lys die sosialebates, dit is bates wat nodig is vir die welstand van inwoners. Hierby ingesluit is kulturelebates en die wat met erfenis te doen het.
Ekonomiesebates
Tabel 4 lys bates met ekonomiese waarde. Dit sluit die Inhlanzi lughawe in alhoewel dit buite die gebied geleë is. Vure in die gebied affekteer werksaamhede by die lughawe.
Omgewingsbates
Tabel 5 lys omgewingskundigebates. Hierdie sluit aspekte in soos die landskap, natuurlike gemeenskappe en opvanggebiedwaardes.
VELDBRANDRISIKO'S BINNE DIE BBV-GEBIED
Tabel 6 lys die risiko's binne die gebied as gevolg van die blootstelling aan gevare.
Tabel 3. Lys van sosialebates binne die Entabeni BBV-gebied saam met 'n bepaling van die veldbrandrisiko vir elke groep en die vlak waarop dit uitgekom het.
Gevaar
Waarskynlikheid aanslag gevolg
Aanslag
Risiko-aanslag
Grasveldbrande (tydens uiterste brandgevaar), plantasies, indringerstande en die dorp self
Die dorp is redelik goed beskerm en het bestuursplanne wat toegepas word. Die gevolg is dat die waarskynlikheid vir impakte laag is.
onwaarskynlik
Verlies aan eiendom is hoog, matige risiko vir beserings tydens brandbestryding.
Matig
Medium risiko
Grasveldbrande (tydens uiterste brandgevaar) plantasies, indringerstande en die woongebied self.
Soos bo, maar daar is swak toegang en hoë digtheid van vlambare strukture.
Waarskynlik
Verlies aan eiendom is hoog, risiko vir beserings tydens brandbestryding is hoog.
Matig
Hoog
Plaaswonings en ontspanningsoorde
Grasveldbrande (tydens uiterste brandgevaar) plantasies, indringerstande.
Alhoewel uiterste toestande elke tweede jaar voorkom is die opstalle goed beskerm.
MoontliK
Die moontlikheid bestaan vir die verlies van strukture en beserings tydens brandbestryding.
Matig.
Persele uit ystertydperk
Grasveld uiterste toestande, plantasies en indringerstande
Persele is baie blootgestel en sal waarskynlik dikwels brand, maar word beskerm deur klipmure waarskynlik
Geen verliese onbeduidend
Laag
Tabel 4. Lys van ekonomiesebates binne die BBV-gebied met 'n bepaling van die veldbrandrisiko's vir elke groep en die vlak waarop dit uitgekom het.
Gevaar
Waarskynlikheid
Aanslag
Gevolg
Aanslag
Risiko aanslag
Veeplase
Grasveldvure tydens uiterste toestande
Plantasies en indringerbosse
Die meeste plase het brandbestrydingsplanne maar nogtans brand daar elke drie jaar verskeie plase af wanneer vuur van buite af inbeweeg tydens uiterste toestande
Gebeur elke jaar op baie plase.
Brande wat in plantasies of indringerbosse ontstaan versprei een keer elke drie tot vier jaar na veeplase.
Feitlik verseker
Waarskynlik
Groot verliese aan weiding wat lei tot die aankoop van voer. Veeverliese kom dikwels voor.
Geen merkbare verliese nie
Groot verliese aan weiding wat lei tot die aankoop van voer. Veeverliese kom dikwels voor.
Matig
Onbeduidend
Matig
Hoog
Hoog
Bosbouplantasies
Grasveldvure Plantasies en indringerbosse tydens uiterste toestande
Grasveldvure tydens gemiddelde toestande.
Gegewe die beskermingsmaatreels wat op plantasies geld word somige grasbrande tydens uiterste toestande gekeer, maar 'n groot brand is moontlik elke 5 jaar.
Plantasies brand slegs een keer elke 20 jaar as gevolg van vure onder gemiddelde toestande.
Waarskynlik
Onwaarskynlik
Ongeveer 2000 ha word per geleentheid afgebrand met 'n verlies van R4.5 miljoen. Hierdie vure is ook uiters gevaarlik vir die brandslaners.
Geen of min verliese
Katastrofies onbeduidend
Uiters
Laag
Grasveld in beide uiterste en gemiddelde toestande
Rook onder die lyne veroorsaak kortsluitings wat die lyn laat uitsny.
Feitlik verseker
Wisseling in stroomsterkte en kortsluitings veroorsaak groot verliese vir industriee . Tydens sulke toestande is die kanse goed dat brandslaners elektriese skokke kan opdoen met gepaardgaande verhoging in gevolg aan-slag
Matig
Hoog.
Grasveldvure, plantasies en indringerbosse tydens uiterste en gemiddelde toestande
Gebeur dikwels. Tydens tydperke van inversie word die uitsig belemmer.
Feitlik verseker
Swak sig veroorsaak dat vlugte nie kan land nie met gepaardgaande verlies aan toerisme en ander besigheid.
Matig.
Hoog
Ontspannings-oorde
Grasveld , plantasies en indringerbosse tydens uiterste toestande.
Ontspanningsoorde is goed beskerm en in die reel nie in die gevaar areas nie.
Moontlik
Daar is effektiewe planne in plek met die gevolg dat die verliese redelik goed beperk word. Kanse van beserings by brandpersoneel is hoog.
Matig
Hoog
Eiendom van ontluikende boere.
Grasveld onder uiterste toestande.
Plaaswonings en plase redelik beskerm
Moontlik
Totale verlies aan eiendom asook lewe is hoog.
Groot
Hoog
Tabel 5. Lys van omgewingsbates binne die area van die BBV met 'n bepaling van die veldbrandrisiko's vir elke groep en die vlak waarop dit uitgekom het
Gevaar
Waarskynlikheid
Aanslag
Gevolg
Aanslag
Risiko aanslag
Water opvang-gebiede
Grasveld onder uiterste en gewone toestande,
Plantasies, indringerbosse.
Potensiaal om elke tweede jaar voor te kom.
Kom elke 1 in vyf jaar voor.
Feitlik seker
Waarskynlik
Grasvelde is aangepas by vure en herstel redelik vinnig.
Gevolge is intens: verlies aan bedekking, verhoogde erosie , grondsterilisasie, verlies aan opvanggebied-funksies. Mag tot 40 jaar neem om te herstel.
Onbeduidend
Groot
Uiters
Vleilande
Grasveld onder uiterste toestande
Indringerbosse
Kom elke twee jaar voor
Mag soms onder uiterste toestande voorkom.
Feitlik seker
Moontlik
Baie spesies in aangepas by vure, maar verhoogde frekwensies mag spesie-samestelling verander; uitsluiting van brand veroorsaak hoër brandintensiteit en vure in die peet-lae met langtermyn gevolge.
Hoë intensiteit brande veroorsaak plaaslike skade wat jare neem om te herstel.
Matig
Groot
Hoog
Hoog
Inheemsebosse
Grasveld onder uiterste toestande
Plantasies en indringerbosse
Gegewe die brandtraagheid van die ekosisteem vind brande slegs een keer elke 40 jaar plaas.
Gebeur net onder uiterste toestande en dan ook selde.
Seldsaam
Seldsaam
Plaaslike verlies van klein kolle bos wat jare neem om te herstel
Groot dele brand af en dit neem jare om te herstel.
Matig
Groot
Laag
Skaars-en bedreigde spesies
Indringerbosse
Grasveld onder uiterste toestande.
Kolle indringerbosse mag onder uiterste toestande brand.
Gebeur gereeld
Onwaarskynlik
Waarskynlik
Impak is plaaslik en mag jare neem om te herstel.
Min impak.
Matig
Onbeduidend
Laag
Grasveld onder uiterste en gewone toestande
Kom elke 2 jaar voor.
Verspreide kolle mag onder uiterste toestande brand.
Feitlik seker
Onwaarskynlik
Brande bedreig die broeiplekke en voedsel in die vleie; rook mag broeigedrag beïnvloed wat agteruitgang van getalle beteken.
Groot
Matig
Uiters
Grasveld onder uiterste en gewone toestande
Indringerbosse.
Kom ongeveer elke twee jaar voor.
Verspreide kolle wat baie skade aanrig brand ongeveer elke 5 tot 10 jaar uit.
Feitlik seker
Moontlik
Geen of min effek
Plaaslike hoë intensiteit brande mag plaaslike uitwissing tot gevolg hê wat jare neem om te herstel
Onbeduidend
Groot
Hoog
Grasveld onder uiterste toestande
Indringerbosse
Kom elke 2 tot 3 jaar voor
Verspreide kolle mag brand onder uiterste toestande.
Moontlik
Onwaarskynlik n Toename in brande mag die habitat verander en voedseltekorte bewerk.
Plaaslike hoë-intensiteit brande mag lei tot uitwissing van die mol.
Onbeduidend
Matig
Tabel 6: Lys van prioriteite t.o.v. risikobestuur in die Entabeni BBV-gebied.
Prioriteit
Gevaar
Uiters
Plantasies
Wateropvanggebiede
Spesifieke brandgevoelige spesies:
Grasveld onder uiterste toestande, plantasies en indringerbosse.
Plantasies en indringerbosse
Grasveld -vure onder uiterste toestande.
Hoog
Veeplase
Ontspanningsoorde
Opkomende boere
Plaasopstalle en oorde
Vleilande
Grasveld onder uiterste toestande, plantasies en indringerbosse
Grasveld onder alle toestande
Grasveld onder alle toestande, plantasies en indringerbosse.
Grasveld onder uiterste toestande, plantasies en indringerbosse.
Grasveld onder uiterste toestande
Grasveld onder uiterstes, plantasies, indringerbosse en die dorp opsigself.
Grasveld onder uiterstes, plantasies, indringerbosse
Grasland onder uiterstes en indringerbosse
Indringerbosse
Veeplase
Opvanggebiede
Inheemsebosse
Skaars en bedreigde spesies
Gouemolle
Grasveld onder uiterste toestande
Grasveld ondeer uiterste toestande, plantasies, indringerbosse en die dorp op sigself
Grasveld onder alle toestande
Plantasies en indringerbosse
Plantasies en indringerbosse
Indringerbosse
Grasveld onder alle toestande
Grasveld onder uiterste toestande en ook indringerbosse.
Laag
Plantasies
Ystertydperk persele
Skaars en endemiese plante
Inheemsebosse
Grasveld onder gewone toestande
Grasveld onder uiterste toestande, plantasies en indringerbosse.
Grasveld onder uiterste toestande
Grasveld onder uiterste toestande.
HULPBRONNE BESKIKBAAR VIR VELDBRANDBESTUUR
Institusionele-kapasiteit
Die BBV is geskep deur die samevoeging van bestaande ondervinding en bevoegdhede van persone wat 'n geskiedenis van samewerking het. Daar is ook 'n reeds bestaande administratiewe komponent wat eenvoudige stelsels bedryf. Die BBV het die ondersteuning van 'n verkose en bevoegde uitvoerende bestuur sowel as die samewerking van die Ruiterslaagte Brandweerdiens. Die diens kan egter nie personeel of toerusting beskikbaar stel nie.
Daar is egter 'n probleem met die dat net 20% grondeienaars aan die vereniging behoort. Daar is 'n groot aantal naweekboere wat glad nie aan die vereniging behoort nie.
Personeel
n Kandidaat BBB met baie ondervinding
Ongeveer 20% van die bestuurders/eienaars van grond in die gebied het al tot 'n mate brandbestuurs-opleiding ondergaan
Daar is drie vuuruitkyk-fasiliteite
Daar is 'n 8 man span wat opgelei is in brandslaan
Ongeveer 20% van eienaars het opgeleide personeel. Gemiddeld twee per eienaar.
Toerusting en fasiliteite
Huidiglik het die BBV die volgende toerusting tot sy beskiking:
n 4x4 brandweerwa met 2000 l tenk en pomp wat gebruik word saam met die grondspan. Die grondspan het ook standaard rugsakpompe, vuurplakke, drup-aanstekers (drupfakkel) en "rake-hoes".
Al die lede het 'n bakkiesakkie (een), een standaard rugsakpomp, brandplak, drupfakkel en "rake-hoe" vir elke opgeleide persoon.
Kommunikasie
Die lede van die BBV is afhanklik van die volgende kommunikasiesisteme:
Standaard landlyn telefone
Selfone, daar is volledige dekking.
Kommunikasie met die sambreëlorganisasie is per landlyn en selfoon.
Ondersteuning deur die Laeveld Sambreël-vereniging
Die volgende dienste word onder ooreenkoms van die Laeveld Sambreëlvereniging verkry:
Daaglikse weer-en brandgevaar voorspellings vir die Entabeni gebied.
Meting en verwerking van weerdata.
Tegniese advies met betrekking tot veldbrandbestuur.
Lugsteun betreffende reconnaissance en tydens die blus van brande. Hierdie diens is slegs vir lede wat bereid is om self daarvoor te betaal.
Beoordeling van hulpbronne en tekortkominge
Oor die algemeen is die afsonderlike lede redelik goed toegerus, maar daar is 'n tekort aan opgeleide personeel in die gebied as geheel. Die snel-ontplooiingspan behoort uitgebrei te word na 24 lede.
Kommunikasie is nie voldoende nie en die BBV het 'n behoefte aan 'n "trunked" radiodiens sodat daar met ander partye gekommunikeer kan word.
Nie-lede is 'n gevaar in die gebied omdat hulle nie aan minimum standaarde t.o.v. personeel en toerusting voldoen nie. Die afforseer van minimum standaarde en die werwing van lede moet prioriteit geniet.
Meer lede moet opgelei word om veldbrandinsidente te kan bestuur.
n Ooreenkoms met die sambreëlorganisasie is nodig wat ondersteuning in die Gesamentlike Operasionêlesentrum (JOC) betref tydens groot veldbrande.
Lede het saamgestem daarmee dat die bereiking van minimum standaarde (soos in afdeling 6 uiteengesit) deur die gebied voor einde Maart 2007 bereik moet wees.
Die BBV het die standaard riglyn t.o.v. veldbrandrisiko-bestuur gevolg. Tabel 7 lys die toegekende opsies gekoppel aan risiko.
Neem kennis dat in egte gevalle opsies toegeken word aan uiterste en hoë risiko's. Matige en lae risiko's moet deur roetine strategieë bestuur word. Terwille van die lengte van die dokument bevat dit nie inligting oor die uiterste en hoë kategorieë nie 
Bewusmaking en opvoeding n Program sal van stapel gestuur word om alle inwoners en besoekers in die gebied in te lig oor a vermindering van ontstekings b die nakoming van reëls en regulasies c bereiking van maksimum selfbeskerming, insluitende lewens en eiendom. Hierdie program sal gekoppel word met plaaslike ABET -programme.
Voorgeskrewe brande vir omgewingsbestuur
Soos reeds gemeld het grasveld ongeveer elke twee jaar 'n brand nodig. Hierdie brande moet of in die laat somer, herfs of lente plaasvind ten einde biodiversiteit en groeikrag te behou. Die BBV verbind hom daartoe om deur die toepassing van so 'n brandregime optimum beskerming aan die natuur te bied. Die reëls maak ook voorsiening vir minimum standaarde t.o.v. die beheer van indringerplante.
Verbetering van veldbrandbestuur op eiendomme van nie-lede
Die BBV is verbind om met die owerhede saam te werk ten einde nie-lede te kry om aan die standaarde van die Wet te voldoen. Die BBV is ook verbind om deur middel van die verkondiging van die voordele, lede te werf.
Beide plantasie eienaars en die Mpumalanga Parkeraad het bestaande kodes van standaarde vir die formulering en toepassing van ge-ïntegreerde bestuursplanne. Die BBV sal standaarde ontwikkel vir ge-ïntegreerde brandbestuur vir die verkillende grondgebruike. Hierdie standaarde sal in oorleg met die eienaars opgestel word. Daar sal van eienaars verwag word om hierdie planne in werking te stel.
Die planne sal beide brandbeskerming en die gebruik van brand vir veldbestuur insluit. Dit sal in lyn wees met die plaaslike rampbestuursplan en ook bydra om sekere aspekte daarvan te definieer. Dit sal ondermeer die volgende insluit:
Voorkomingsplanne teen ongewensde brande (wildfires)
Gereedheidsplanne vir sulke brande, insluitend:
Spesifikasies tov vlakke van gereedheid vir verskillende brandgevaar aanslae (voorspellings), insluitend die hulp wat verleen moet word deur lugsteun organisasies.
Brandbestrydingsplanne wat die volgende insluit:
Definisies van die toestande wat verskillende optredes vereis. Dit ook vir verskillende (eskalerende) toestande.
Reëls vir die eskalering van beheer tydens insidente .
Herstelplanne
Voldoening aan Hoofstukke 4 en 5 van die Wet
Hierdie planne sal so opgestel word dat dit die verskillende bates in die gebied beskerm.
Korridor vir die kraglyn en vir roete N99
Die gebied wat die N99 roete, die oos-wes hoogspanningslyn en die Middelveld plantasie insluit, is 'n gebied met 'n "uiterste risiko". Die strategie vir die vermindering van risiko bestaan uit twee dele:
Die eienaars, dit is die Nasionale Padagenskap, ESKOM en die Middelveld Bosboumaatskappy, sal toesien dat hulle brandbeskermingsplanne streng toegepas word. Dit behels die jaarlikse sny van die gras in die padreserwe, die sny en brand van die gras in die ESKOM serwituut en die implementering van die ge-ïntegreerde brandplan van die Middelveld Bosboumaatskappy
Hiermee saam sal die Laeveld Sambreël BBV 'n snelontplooiingspan-en lugsteun dienste in die korridor lewer. Bystand-standaarde sal eskaleer saam met eskalerende toestande (geel na oranje ,oranje na rooi).
Die opvolgende aspekte is nie bygewerk vir hierdie gids nie
Bosbouplantasie- sone
Tabel 7: Besonderhede van die risikobestuurstrategieë vir uiterste risiko's
Gevaar
Opsies vir risikobestuur
Bosbouplantasies
Grasveld (uiterste toestande), plantasies, indringerbosse.
Vermy risiko: Beperk die aanplant van plantasies in gebiede met groot risiko's (steil hellings, noordelike hange).
Verminder gevare: Gevaar: Moedig die effektiewe bestuur bv die brand van grasveld langs plantasies aan. Ook die uithaal van indringerplante .
Beskerming van bates: Verbeter die beskerming van bates: Daarstel van effektiewe brandbane, verbetering van toegang van binne en buite die plantasies, verminder biomassa van indringers binne in die plantasies
Verminder ontstekings: Pas standaard brandplanne deurgaans in al die bosbougebiede toe as deel van ge-ïntegreerde bestuur; pas die algemene brandverbod en soortgelyke reëls toe; bevorder die bestuur van brandstofladings in die plantasies; moniteer en bestuur aktiwiteit in die omgewing van die plantasies tydens hoë-risiko tydperke.
Verminder gevolge: Verseker dat effektiewe brandbestrydingsmaatreëls in plek is om risiko's vir verlies en beserings te verminder.
Bestuur residuele risiko's: Streng implimentering van brandbestrydingsplanne.; Maak seker dat die BBV en sambreel BBV voorrang verleen aan die plantasie areas.
Oordrag van risiko's: Verseker dat eienaars voldoende versekering het.
Water opvanggebiede
Plantasies en indringerbosse
Beskerming van bates: Implementeer beter beskermings maatreëls soos effektiewe brandbane, seker maak dat eiendomme teenaan plantasies dieselfde standaarde toepas as die plantasies self.
Ontwikkel bewuswording in die gemeenskap van die belangrikheid om brande in die gebiede te voorkom.
Verminder ontstekings: Gedurende tydperke van hoë risiko moet aktiwiteite binne en naby die gebiede gemonitor word bv. Voetslaners, vlieghengelaars, Dept van Paaie, SPOORNET werkspanne.
Verminder gevolge: Gemeenskaps opvoedings/inligtings programme. Bewusmaking van omgewingswaardes en opvanggebied waardes.
Verseker dat brandbeskermingstrategieë in plek is.
Aanvaar residuele risiko's: Ontwikkel gesamentlike bestuursplanne vir die streek.
Verseker dat alle grondbestuurders bewus is van bestuur -standaarde.
Ontwikkel en implementeer 'n bewusmakingsprogram vir alle inwoners ; beklemtoon die noodsaaklikheid vir 'n gesonde opvanggebied, die gevolge van swak brandbestuur, die noodsaaklikheid van die toepas van die natuurlike brandregime en die belangrikheid van 'n' gesonde opvanggebied in die algemeen.
Grasveld onder alle toestande.
Verminder gevare: Gevaar: Maak seker dat goeie brandregimes deur bestuur gevolg word.
Bate beskerming: Gemeenskaps bewusmaking oor die verwantskap tussen brandregime en die behoud van die spesies.
Verminder ontstekings: Skort vuurbedrywighede op tydens tydperke van hoë brandgevaar.
Aanvaar residuele risiko's: Ontwikkel ko-operatiewe opsporings en optredings netwerke en planne. Toerusting moet gereed wees vir snel optrede.
OPERASIONELEPLAN VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BESTUURSTRATEGIE
Geen gedetailleerde voorbeelde van operasioneleplanne word verskaf nie. Die departement sal nie planne nagaan en goedkeur nie. Die departement sal slegs bepaal of lede van die BBV genoegsame omsigtigheid aan die dag gelê het tydens die opstel van die plan.
Die veldbrandbestuurstrategie word op individuele eiendomme toegepas wat almal saam deel uitmaak van die ge-ïntegreerde bestuursplan.
Die operasioneleplan van die BBV gebied in geheel bestaan uit die volgende onderafdelings [ nie uitgebrei nie]:
Brandvoorkomingsplan
Brandgereedheidsplan
Brandblusplan
Plan vir herstel na brand
Plan vir samewerking met naburige BBV's
Plan vir ondersteuning verleen deur die sambreel BB
Plan vir brandondersoeke, rekordhouding en verslagdoening
Plan vir die opgradering van hulpbronne/fasiliteite.
Die operasioneleplan identifiseer die verskeie agentskappe wat verantwoordelik is vir die implementering van die bestuurstrategie.
MONITERING, HERSIENING EN DIE VERSLAGSISTEEM VIR HIERDIE DOEL
Daar word van die BBV verwag om een keer per jaar 'n jaarverslag voor te hou aan die algemene jaarvergadering. Hierdie verslag mag voorstelle vir wysigings in die bestuurstrategie insluit. Die jaarlikse oorsig moet:
Die vordering met die bereiking van die oogmerke van die vereniging, evalueer,
Verslag doen oor veranderende ledetal en die samestelling daarvan,
Die voorkoms van brande (aantal) en die gevolge daarvan evalueer en gevolgtrekkings maak oor die doeltreffendheid van die strategie,
Verslag doen oor groot insidente en rampe,
Vordering evalueer t.o.v. die vervolging en rehabilitasie van persone wat brande veroorsaak het deur nalatigheid of brandstigting.
Wanneer die verslag goedgekeur is, sal die Voorsitter dit indien as jaarverslag aan die Minister.
Die BBB sal verslaggewing deur die brandweerdienste en lede propageer ten einde die jaarverslag te kan opstel. Die Departementele Internet-gebaseerde Veldbrand-informasiestelsel sal hiervoor gebruik word.
DIE REëLS VAN DIE VERENIGING
HOOFSTUK 4 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: BRANDBANE
Minimum standaarde
Lede moet 10-meter breë brandbane op alle eiendomsgrense instandhou. Indien 'n eiendom groter as 500 hektaar is moet dit in blokke van 250ha verdeel word deur die maak van 5 meter breë interne brandbane.
Vrystelling van die maak daarvan
Die Middelveld-plantasie , wat sewe plase inkorporeer, word daarvan vrygestel [moet deur die Minister goedgekeur word] om brandbane op die plaasgrense te maak op die voorwaarde dat die buitegrense beskerm word deur brandbane van 40 meter wyd. Binnebane, volgens die brandplan van die plantasie, moet 20 meter breed wees. Die Veerkombersvlei-Bewaria word volgens dieselfde voorwaardes vrygestel.
Reëls t.o.v. die tye van voorbereiding
Waar brandbane gemaak word deur dit te brand of te sny, mag die werk nie voor 15 Mei begin nie en moet dit teen 15 Junie afgehandel wees.
Reëls oor die samewerking tussen bure
Waar bane gemaak word deur dit te brand moet bure voldoen aan Afdeling 12 in die Wet. Geen verdere verpligtinge word opgelê nie.
Reëls vir die beskerming van biodiversiteit en die bodem
Indien persone bane wil voorberei op enige ander manier as om dit te brand, moet die persoon die bestuurder van Veerkombersvlei nader ten einde uit te vind of daar enige skaars of bedreigde spesies in die beoogde brandbaan voorkom. Indien daar sulke spesies voorkom moet daar maatreëls getref word om die spesies te beskerm.
HOOFSTUK 5 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: BRANDBESTRYDING
Minimum toerusting
Vereistes opgedeel per tipe en klas van lidmaatskap
Sien Tabel 8
Toerustingstandaarde
Sien Tabel 8.
Tabel 8: Minimum vereistes vir brandblusuitrusting vir lede van die Entabeni BBV.
Lid kategorie
plakke
-l rugsak-
spuite
Eerste-hulp-sak selfone
Water sleepwa 1000l l
Bakkie-sakkies"
Hektare
Vee en
Saai
Plantasies
(5000 liter min)
Minimum personeel
Minimum aantal bevoegde personeel in verskillende werkskategorieë
Sien Tabel 9
Minimum opleidingsvereistes
Sien Tabel 9
Tabel 9: Minimum vereistes vir brandblus personeel in die BBV area. Elke kategorie personeel moet bevoegdheidsertifikate van gesertifiseerde instansies soos FIETA en PAETA besit.
Lidkategorie
Brandslaners
Spanleier
Alle gebruike
Minimum beskermde oorklere en toerusting.
Alle persone wat op die brandlyn werk moet toegerus word met:
Een katoen T-hemp
ALGEMENE REëLS VIR DIE GEBRUIK VAN VUUR [ VOORBEELDE]
Piekniek-en kampvure: Mag slegs in permanente vuurmaakplekke met 'n twee meter skoon brandstrook, of skoon grondoppervlak waarvan die naaste brandbare materiaal ten minste twee meter weg is, gemaak word. Die vure moet ten alle tye opgepas word en na gebruik deeglik geblus word.
Rook: Geen persoon mag 'n aangesteekte sigaret, vuurhoutjie of enige brandende materiaal neergooi of laat val nie. Geen persoon mag 'n brandende sigaret of vuurhoutjie binne 15 meter van enige gepakte graan, hooi of strooi of enige droë lande , droë gras of oesreste of plantasie-afval bring nie.
Voorgeskrewe brande insluitend die brand van brandbane: Eienaars wat van voorneme is om 'n voorgeskrewe brand te maak of brandbaan skoon te brand moet 'n "Brandpermit" van die BBV bekom om dit te mag doen.
Gee u bure en die BBB 24 uur kennis voordat u die vuur aansteek. Bekom die weervoorspelling en hou die weer dop. Maak seker dat daar altyd iemand by die vuur is terwyl dit brand. Kom al die voorwaardes van u permit na.
Nie ingewerk by hierdie voorbeeld nie
BRANDVOORKOMING EN GEREEDHEID TYDENS TYE VAN HOë EN UITERSTE BRANDGEVAAR
Wanneer 'n hoë-brandgevaar voorspel en afgekondig word deur die SA Weersdienste en gepubliseer word in die media volgens wettelike voorskrifte, kom 'n algemene brandverbod tot stand. Die verbod geld van middernag aan die begin van die dag van hoë gevaar tot middernag aan die einde van die dag. Gedurende tydperke van hoë brandgevaar mag geen vure in die opelug gemaak word nie.
Hierdie verbod sluit die gebruik van vullis verbranders, die brand van tuin vullis, piekniek en kampvure in, wat soliede brandstof, dit is, hout of houtskool gebruik.
Gas of elektriese kookapparaat mag slegs gebruik word:
Op 'n erf binne 20 meters van 'n huis of met die toestemming van die BBV.
Onder die toesig van 'n volwassene
BRANDVOORKOMING EN GEREEDHEID TYDENS TYE VAN MATIGE BRANDGEVAAR: TYDPERKE VAN BEPERKINGS OP BRANDE (VERVANG DIE BRANDVERBOD ONDER DIE VORIGE WET)
Definisie van die tydperke
Voorwaardes vir die verleen van toestemming om te brand
Sien 6.3
Sien 6.3
Vereistes in seisoene waar brandseisoen vroeg begin
In jare waar die Droogte-indeks wys dat die brandseisoen vroeg gaan begin, mag die BBV die brandverbod datums wysig.
TOEPASLIKE BRANDREGIMES VIR VOORGESKREWE BRANDWERK
Grasveld mag nie meer as een maal per twee jaar gebrand word nie. Brandwerk moet plaasvind tussen 31 Maart en 15 Mei, of 1 Oktober en 31 Oktober.
BESTUUR VAN ROOK EN ATMOSFERIES- BESOEDELING.
Geen voorbeeld word bespreek nie.
OPVANGGEBIEDBESKERMING(OPVANGGEBIEDWAARDES)
Geen voorbeeld word bespreek nie.
INDRINGERPLANT-BEHEER
Geen voorbeeld word bespreek nie
WETSTOEPASSING
Die onderstaande persone is die wetstoepassingsbeamptes vir die NVB Wet en die reëls van die BBV:
Die Brandbeskermingsbeampte ( met delegasie van magte onder die Wet op Brandweerdienste t.o.v. plaaslike verordeninge)
Die Brandweerhoof en persone met gedelegeerde magte , dws. Adjunk- Brandweerhoof en Verkeersbeamptes.
Bosbeamptes aangestel onder die Boswet
Plaaslike verordeninge vir nie-lede
Munisipale verordeninge onder die Wet op Brandweerdienste is van toepassing in verklaarde dorpsgebiede en vereis van eienaars om aan sekere boustandaarde te voldoen wat brandbeskerming betref en om alle brandbare materiaal te verwyder wat binne 10 meter van strukture voorkom.
'N LYS VAN MAGTE EN PLIGTE WAT DEUR DIE MINISTER AAN DIE BBV GEDELEGEER MOET WORD: AFDELING 5 k
Nie uitgewerk vir hierdie voorbeeld nie. Geen delegasies mag vir die oomblik nodig wees nie. Die departement verwag dat daar met verloop van tyd magte en pligte aan die BBV's en die sambreel-organisasies gedelegeer sal word.
